Agreement Categories
ERKENNING VAN AANSPREEKLIKHEID EN OOREENKOMS OM TE BETAAL
This document is intended for informational purposes and to illustrate the diversity of written agreements only. Agreement Sample Project assumes no liability for the content of this document or for any action or inaction taken as a result of it. It should not be used or relied upon for any purpose, does not represent a recommendation or endorsement and is not a substitute for professional legal advice. No professional relationship is implied or otherwise established by reading this document. You should always seek the advice of your legal professional before taking any action or inaction.
ERKENNING VAN AANSPREEKLIKHEID EN OOREENKOMS OM TE BETAAL
SAMBREEL FONDS / FONDS NAAM
DEELNEMENDE WERKGEWER
1. PARTYE
VOLLE NAME VAN WERKGEWER
VOLLE NAME VAN WERKNEMER / LID
2. AGTERGROND
2.1 Die werknemer hierbo is ‘n lid van ‘n aftreefonds wat deur die werkgewer aangebied word;
2.2 Kragtens die Wet op Pensioenfondse 24 van 1956, mag ‘n aftreefonds sekere gemagtigde aftrekkings direk van die lid se aftreevoordele maak vir oorbetaling aan die werkgewer op grond van die werknemer se erkenning van aanspreeklikheid;
2.3 Hierdie ooreenkoms beoog om daardie regte van die werkgewer teenoor die werknemer vis-à-vis die aftreefonds vas te lê.
3. ERKENNING
3.1 Die werknemer erken dat hy waarlik en wettiglik verskuldig is aan die werkgewer die bedrag soos uiteengesit in hierdie dokument;
3.2 Die werknemer erken dat hierdie skuld/aanspreeklikheid teenoor die werkgewer voortspruit uit die skuldoorsaak soos volledig uiteengesit in hierdie dokument, en dat die vergoeding ten opsigte daarvan direk betaalbaar is van enige voordele waarop hy, of enige ander begunstigde van hom, kragtens die reëls van die aftreefonds op geregtig mag wees;
3.3 Die werknemer stem in dat sy aftreevoordele by toevalling aan hom dienooreenkomstig aangewend mag word, hetsy ten dele of ten volle, ter aflossing van sy aanspreeklikheid soos hierbo na verwys. Enige tekort, indien enige, bo die
opbrengs van die gemelde aftreevoordele bly ‘n skuld teenoor die werkgewer.
4. RENTE
4.1 Die skuldbedrag, of enige balans daarvan, en enige ander bedrae soos verskuldig van tyd tot tyd met rente daaarop, sal rente dra vanaf die datum gemeld in hierdie dokument en teen die koers vermeld in hierdie dokument.
4.2 Rente word maandeliks vooruit bereken en is maandeliks agterna betaalbaar.
5. DOMICILIUM
Vir doeleindes van hierdie ooreenkoms kies die werknemer beide die residensiële en die sake-adres van hierdie dokument as die domicilium citandi et executandi.
6. JURISDIKSIE
Die werknemer stem toe tot die jurisdiksie van die landdroshof nieteenstaande dat die bedrag ter sprake die jurisdiksie van die landdroshof mag oorskry.
7. KOSTE
Alle koste, op ‘n prokureur-en-kliënt skaal, voortspruitend uit enige aksie teen die werknemer ingevolge hierdie ooreenkoms is betaalbaar op aanvraag deur die werknemer.
8. EKSEPSIES
Die werknemer doen afstand van die voordele van die volgende regseksepsies: non numeratae pecuniae (gelde nie betaal), non causa debiti (geen skuldoorsaak) en error calculi (berekeningsfout).
9. SERTIFIKAAT
‘n Sertifikaat geteken deur ‘n gevolmagtigde van die Werkgewer wat die skuldbedrag aantoon, of enige balans van tyd tot tyd, betaalbaar deur die werknemer aan die werkgewer is afdoende bewys van sodanige bedrag verskuldig vir doeleindes van vonnis.
WERKNEMER SE BESONDERHEDE
VAN
VOORNAME
GEBOORTEDATUM
IDENTITEITSNOMMER
POSADRES
TEL NR (_ )
SELFOON NR
E-POS ADRES
EIS BESONDERHEDE
BEDRAG VAN EIS R
(Geraamde bedrag van werkgewer skade)
RENTE KOERS
% per jaar
(Van toepassing op skuldbedrag)
DATUM VAN WANNEER RENTE GEHEF SAL WORD
WERKGEWER SE BESONDERHEDE
NAAM
NAAM VAN KONTAKPERSOON
TEL NR
E-POS ADRES
BANKBESONDERHEDE
REKENINGHOUER
NAAM VAN BANK
NAAM VAN TAK
TAKKODE
TIPE REKENING
REKENINGNOMMER
SKULDOORSAAK
Diefstal Oneerlikheid Bedrog Wangedrag
(Merk asb toepaslike blok)
MOTIVEER AGTERGROND
GETEKEN DEUR DIE PARTYE
WERKNEMER
DATUM
PLEK
WERKGEWER
VOLLE NAAM VAN GEVOLMAGTIGDE
DATUM
PLEK